MEER OOR WESTBURY

Gedurende Februarie 2014, het Westbury Supplement Feeds, deel van die Tanqua familie geword.

Weens die vrye toegang tot wetenskaplike informasie deesdae, is daar is ’n toenemende bewustheid by boere oor die kritiese rol wat gebalanseerde byvoeding speel om ’n volledige voerprogram aan ’n kudde te verseker, ten einde optimale produksie-vlakke te behaal. Dit sluit natuurlik in, die reeks belangrike minerale en spoorelemente soos wat dit in die verskillende dele van Suid Afrika voorkom.

Met dit as agtergrond en met die doel om voortdurend ‘n voortreflike diens aan sy kliënte te verseker, het Tanqua Voere vir ‘n geruime tyd die behoefte gevoel om byvoeding in ‘n blokvorm by die bestaande reeks van kwaliteit Tanqua produkte te voeg.

Vroeg in 2014 het Tanqua Voere ’n helfte aandeel in Westbury Supplement Feeds gekoop, wat op daardie stadium reeds aktief in die vervaardiging van byvoeding in blokvorm betrokke was.

Vervolgens is ‘n moderne blokvervaardigings-aanleg op die bestaande Tanqua perseel op Riviersonderend opgerig, en die eerste blokke is in Julie 2014 vervaardig. Sodoende het die toevoeging van die Westbury Blok-Reeks as deel van Tanqua Voere ‘n werklikheid geword.

Dit is dan met groot opwinding dat die Westbury Blok-Reeks nou ook as deel van Tanqua Voere se produkte-reeks, deur die Tanqua Tegniese Adviseurs in die mark vir boere aanbeveel word.

Daar is ‘n paar eienskappe wat die Westbury Blokke uniek maak in die mark, en wat finansiële voordele aan die boer bied in die vorm van verhoogde produksie.

PRODUKTE

Tanqua vervaardag n volledige reeks produkte (Lusern, konsentrate en lekke) vir suiwel vleisbeeste en skape. Verpilde lusern produkte vir die volstruis en konyn mark is ook beskikbaar.
LEES MEER

AFMA GEAKREDITEER

Produkte voldoen aan die registrasievereistes van Wet 36 van 1947.


KONTAK ONS

Riebeek Laan 1, Riviersonderend, 7250
Tel: 028 261 1519
Fax: 028 261 1626
Email: admin@tanqua.net

Tanqua Voere (Edms) Bpk, Reg no: 97/10631/07