TANQUA VOERE PRODUKTE REEKS

SUIWEL BEESTE

Tanqua Voere vervaardig ‘n reeks produkte vir ‘n suiwel boerdery. Dit sluit in vol voere, aanvullende lekke, asook konsentrate vir tuismengsels. Die reeks voere is wetenskaplik geformuleer en verseker positiewe resultate.

KALF VOERE

By geboorte is die kalf se rumen (grootpens) nog nie ontwikkel nie. Strategiese voeding is krities om rumen ontwikkeling te stimuleer om sodoende beter voeromset en produksie te verseker vir die res van die koei se produksie tydperk. Tanqua Voere se kalf reeks bevat hoogs verteerbare energie en proteïen bronne, is smaaklik en ondersteun effektiewe rumen ontwikkeling en groei van die kalf.
Kalf Aanvangs – 20% RP (”Starter”) (Aanbeveling: 0-1 maand oud)
Volkalf – 18 % RP (Aanbeveling: 0 – 3 maande oud)
Kalfvoer – 16 % RP (Aanbeveling: 3 – 6 maande oud)

VERS VOERE

Tanqua Voere bied verskeie produkte vir verse: insluitend volvoer, aanvullende lekke en konsentrate. Die versprodukte ondersteun die ontwikkeling en groei van die vers weens die hoë kwaliteit rou materiale, minerale en spoor elemente.
Volvers (Aanbeveling: 3-6 maande): Volvoer vir verse
Optimix 20: proteïen en energie aanvulling vir verse op gars-en/of hawer kuilvoer of swak weidings en ruvoer. Kontak voedingkundige vir innames.
Energielek: Energie aanvulling vir verse op goeie weidings en/of lusern. Kontak voedingkundige vir innames.
Verskonsentraat: Hierdie hoë proteïen en energie konsentraat word aanbeveel wanneer die kliënt verskeie roumateriale op die plaas beskikbaar het en die fasiliteite om op die plaas te meng. ‘n Voedingskundige moet gekontak word om u kliënte spesifieke rantsoen te formuleer.

LAKTERENDE KOEIE

Tanqua Voere het agt reekse laktasiekonsentrate (in pil of meelvorm) wat gerieflik in die melkstal of volvoer rantsoen (TGR) gemeng kan word. Die verskil tussen die reekse is die energie (NEL) en verby vloei proteïen (RUP) inhoud van die voer.

Die gebruik van klein graan kuilvoer as ruvoer is algemeen in die Wes-Kaapse suiwelboerdery. Weens die lae proteïen inhoud van bogenoemde kuilvoer, bied Tanqua Voere ‘n reeks hoë proteïen konsentrate (HPK). Nagelang die roumateriale wat die kliënt op die plaas beskikbaar het, formuleer Tanqua se voedingkundiges vir ‘n kliënt spesifieke rantsoen volgens u unieke behoefte.

DROE KOEI VOERE

DROE KOEI PILLE

‘n Produk spesifiek ontwikkel vir koeie twee tot drie weke voor kalf. Die produk stimuleer rumen ontwikkeling ter voorbereiding vir die hoë konsentraat innames na kalf en vroeg in laktasie. Addisioneel beperk en/of voorkom hierdie produk melk koors weens die insluiting van anioonsoute.

SKAPE

Tanqua Voere vervaardig ‘n reeks volvoere, lekke en konsentrate vir skape tydens alle fases van produksie.

VOLVOERE

‘n Elite reeks volvoere vir skape is beskikbaar. Dit sluit in die volgende produkte:
XtraKruip (“Starter”) – ‘n Unieke produk geformuleer om rumen ontwikkeling te stimuleer en bevat natuurlike probiotika wat die lam se imuunstelsel ondersteun gedurende die eerste maand van die lam se lewe.
Lamkruip – Hoogs verteerbare energie en proteïen bronne verseker rumen ontwikkeling en massa toename van die lam wat lei tot ‘n hoër speenmassa van lammers.
Xtra Groei – ‘n Hoë energie en proteïen produk wat voldoende groei van lammers in ‘n voerkraal verseker.
Xtra Afrond – ‘n Volvoer rantsoen spesifiek geformuleer vir die afrond van lammers in ‘n voerkraal.
Xtra Ooi – ‘n Produk spesifiek geformuleer vir die doel vir ooie wat in lamhokkies lam. Voldoende aanpassing op hierdie produk twee weke voor lam, verseker geen addisionele ruvoer word benodig nie. Weens die hoë energie inhoud van die produk, word die risiko vir domsiek ge-elimineer. Die produk voorsien die nodige verbyvloei proteïene wat fetus en uierontwikkeling verseker en voorkom taaibies. Dit lei tot effektiewe melkproduksie van die ooie wat voordelig is vir die lam se oorlewing, groei en gesondheid.
Xtra Ram – ‘n Volvoer produk spesifiek geformuleer vir ramme. Die produk is ideaal vir ram voorbereiding vir veilings. Die mineraal en spoor element inhoud van die rantsoen, ondersteun vrugbaarheid van ramme.

VARK VOERE

Tanqua Voere het ‘n volledige reeks vark volvoere (meel of verpilde vorm) en konsentrate vir alle fases van produksie;

VOLSTRUIS VOERE

Tanqua Voere het ‘n volledige reeks volstruis volvoere (verpilde vorm) en konsentrate vir die volgende fases van produksie;

KONYNVOERE

Tanqua Voere is ‘n leier in die voorsiening van konynvoer vir die vervaardiging van konynvleis. In samewerking met ‘n Franse voedingkundige, gespesialiseerd in konyn voeding, het Tanqua Voere ‘n unieke mineraal, spoorelement en vitamien insluiting, spesifiek geformuleer vir konyne. Die produk KONYN 18% is spesifiek vir dragtige en lakterende wyfies, asook vir die groei van die klein konyne.

PRODUKTE

Tanqua vervaardag n volledige reeks produkte (Lusern, konsentrate en lekke) vir suiwel vleisbeeste en skape. Verpilde lusern produkte vir die volstruis en konyn mark is ook beskikbaar.
LEES MEER

AFMA GEAKREDITEER

Produkte voldoen aan die registrasievereistes van Wet 36 van 1947.


KONTAK ONS

Riebeek Laan 1, Riviersonderend, 7250
Tel: 028 261 1519
Fax: 028 261 1626
Email: admin@tanqua.net

Tanqua Voere (Edms) Bpk, Reg no: 97/10631/07