MEER OOR TANQUA VOERE

Gedurende die laat 80 - jare het Tanqua Voere begin om lusern pille te maak vir volstruisboere in Montagu. Produksie van hierdie voere het plaas gevind op die plaas, Oudebaskraal, in die Tankwa Karoo. Binne twee jaar het die aanvraag so vergroot dat daar besluit was om twee pilmasjiene op te rig.

Michiel Lambrechts het later gehelp om van die produkte in die Overberg te verkoop. Dit het strategies sin gemaak en Tanqua Voere het die meule na Riviersonderend geskuif. Daar is werk geskep vir die plaaslike gemeenskap en Tanqua Voere kon aan die behoeftes van die naby geleë boere voorsien.

Tanqua Voere se visie sluit nationale kwaliteits standaarde in en daarom het hul ‘n derde pilmasjien ingevoer vanaf Nederland (1997). Dit het meegebring dat hul kon praktiseer onder die Wet 36 van 1947.

Teen 2007 is Oubaskraal verkoop aan die Nasionale Parke raad en dit het veroorsaak dat Tanqua Voere die vermoë verloor het om sy eie lusern te verbou. Addisionele roumateriaal moes toe op alternatiewe maniere verkry word en dit het meegebring dat Tanqua Voere kon diversifiseer ten opsigte van sy produkreeks.

‘n Besigheidsgeleentheid het hom voorgedoen in 2013 en Tanqua Voere het ‘n 50% aandeel in Westbury Supplement Feeds gekoop. Met hierdie samewerking het Tanqua Voere toegang verkry tot goeie herkouer lek-blokke.

Tanqua Voere is nou besig om homself te posisioneer as ‘n suksevolle kommersiële maatskappy.

PRODUKTE

Tanqua vervaardag n volledige reeks produkte (Lusern, konsentrate en lekke) vir suiwel vleisbeeste en skape. Verpilde lusern produkte vir die volstruis en konyn mark is ook beskikbaar.
LEES MEER

AFMA GEAKREDITEER

Produkte voldoen aan die registrasievereistes van Wet 36 van 1947.


KONTAK ONS

Riebeek Laan 1, Riviersonderend, 7250
Tel: 028 261 1519
Fax: 028 261 1626
Email: admin@tanqua.net

Tanqua Voere (Edms) Bpk, Reg no: 97/10631/07